MILO KAASKOEK
Tertkors:
-
200g tenniskoekies fyngemaak
-
60ml Milo
-
125ml gesmelte margarien
Meng die koekies, Milo en margarien saam tot 'n krummelmengsel. Druk dit stewig vas in 'n tertbord om 'n kors te vorm. Plaas in die yskas om te verkoel tot benodig.
Vulsel:
-
2 houers (250g elk) geroomde maaskaas (mascarpone kan ook gebruik word vir 'n ryker smaak)
-
1 blik kondensmelk
-
20ml gelatien
-
30ml koue water
-
100ml kookwater
-
250ml goed verkoelde room
-
200ml Milo
-
Ekstra Milo om bo-oor te sif
Klits die maaskaas en kondensmelk saam tot glad. Sprinkel die gelatien oor die koue water en laat staan tot dit sponserig is. Voeg dan die kookwater by en roer tot heeltemal opgelos. Meng dit by die maaskaasmengsel in.
Klits die room en Milo saam tot stywe punte vorm. Vou dit liggies in by die kaasmengsel. Giet die vulsel in die voorbereide kors en verkoel oornag totdat dit stewig is. Sif ekstra Milo oor net voor opdiening.
Bron: Kreatiewe Kos Idees